Flip Meyer Media - 11

Flip Meyer Media - 12

Flip Meyer Media - 13

Flip Meyer Media - 21

Artikels

Flip Meyer Media - 23

Flip Meyer Media - 31

Flip Meyer Media - 32

Flip Meyer Media - 33

Most of these articles are also available in English.
About Afrikaans.

Flip Meyer Media Artikels Pages: 1 (1)
17/11/2008


Die opbrengskoerse van effekte gee n mens n insiggewende idee van wat die mark oor die die toekomstige verloop van retekoerse verwag. Die mark vir effekte het nie die huidige harwar in die węreld se finansiële markte ontglip nie. Wanneer rentekoerse styg weens vrese oor inflasie, sal die opbrengskoerse van effekte gewoonlik styg, terwyl die prys van die effek daal.



Flip Meyer
17/11/2008


2008 resessie kan n paar lank duur,Sedert 2003 was die węreld markte, veral hulpbronne, oor die algemeen in n opswaaifase. Sedert einde verlede haar het die aandelemarkte se afwaartse fase al hoe meer na vore gekom. Indien n mens na die verlede kyk, is daar dalk antwoorde op die vraag van hoe lank die huidige resessie kan duur. Batebestuurders is om verstaanbare resdes versigtig om te voorspel hoe lank dit sal wees. Indeien die resessies sedert die 1970’s ontleed word, kom die volgende na vore: vroeg in die 1970’s het die resessie tussen 1974 en 1976 geduur. In die tydperk het die Dow Jones nywerheidsindeks met meer as 40% verswak. Net soos ander resessies was daar voor die skepr afswaai n tydperk waarin die bulmark hoogty gevier het.


Flip Meyer
15/08/2008


Die betekenis van die resessie in die VSA en van die reuse-bedrae wat banke in die land moet afskryf, is dalk nie altyd so duidelik vir alle Suid Afrikaners nie. Miljarde dollars se verliese of afskrywings is so groot dat n mens nie altyd die omvang daarvan besef nie. Suid Afrikaanse banke is nie naastenby so bloot gestel aan die kredietkrisis soos sommige Amerikaanse en Britse banke nie.


Flip Meyer
26/07/2008


Oor die afgelope ses maande tot einde Junie het die indeks van alle aandele van die JSE met 6,4% gestyg. Die skerp dalings in aandeelpryse wat in Junie ondervind is, het węreldwyd hul tol geëis.


Flip Meyer
26/07/2008


Węreldwyd is daar vrese oor ’n resessie en hoër inflasie, en in die algemeen is verbruikers in ’n negatiewe stemming.

Maar in teenstelling hiermee is daar buitengewone korporatiewe bedrywighede soos oornames en samesmeltings wat in sig is. Hoekom?


Flip Meyer
26/06/2008


Węreldwyd is daar vrese oor n resessie en hoër inflasie, en in die algemeen is verbruikers
in n negatiewe stemming. maar in teenstelling hiermee is daar buitengewone korporatiewe
bedrywighede soos oornames en samesmeltings
wat in sig is.



Flip Meyer
27/05/2008


Suid Afrikaanse genoteerde groepe het n groter invloed in die buiteland as wat die meeste Suid Afrikaners dink.


Flip Meyer
17/05/2008


Daar is ‘n ou gesegde wat omtrent so lui: “Daar is leuens en dan is daar statistiek.”


Flip Meyer
17/05/2008


Beleggers in die aandelemark en effektetrusts kan gerus twee indekse dophou wat relevansie vir hul beleggings kan hę.


Flip Meyer
17/05/2008


Terwyl beleggers wat ook sport-liefhebbers is na die Twintig20-kriekettoernooi kyk, kan hulle gerus die kisformaat vergelyk met eendagwedstryde van 50 boul-beurte per span.
Nog beter, vergelyk dit met toetskrieket wat vyf dae duur as daar nie onderbrekings is weens reën nie.


Flip Meyer
17/05/2008


Daar is ’n ou gesegde wat verwys na
leuens – en “dan is daar statistiek”.
Statistiek wil dikwels dieselfde
vir almal wees, maar ons is individue,
of ons behoort tot ’n sekere
groep binne ’n groot groep.
Gedurende loononderhandelings
tussen werkgewers en werknemers
se vakbonde, kan daar heelwat met
statistiek gespeel word. Uiteraard
gaan elke party in die onderhandelings
sy eie syfers gebruik.


Flip Meyer
17/05/2008


Mnr. Jac Laubscher, groep-ekonoom van Sanlam, het die afgelope week ‘n paar teerplekke betree in sy artikel in Sake24 waarin hy logies redeneer hoekom valutabeheer heeltemal afgeskaf moet word.


Flip Meyer
17/05/2008


‘n Mens kan nie help om ekonomie jammer te kry nie. Wie gaan waag om te voorspel wat die ekonomie van Suid-Afrika vanjaar mee gaan groei?


Flip Meyer
17/05/2008


Sa economy still growing – how rosy is the picture really…?


Flip Meyer
20/11/2007


Die regulasies wat die afgelope vyf jaar in die finansiële markte ingestel is, is dikwels met kritiek begroet. Finansiële raadgewers weet maar te goed dat hulle nie so maklik raad kan gee wat nie by die risikoprofiel van hul kliënte pas nie. Daar was baie kritiek op die Nasionale Kredietwet en vrese is uitgespreek dat sommige markte onnodig gaan krimp weens onnodige voorskrifte. Die vraag is dus of beheer en regulasies goed of sleg is?


Flip Meyer
18/10/2007


Beleggers wat die afgelope paar jaar nie beleggings gehad het in trusts wat fokus op klein en middelslag-maatskappye nie, het ‘n goeie geleentheid verbeur.


Flip Meyer
18/10/2007


Terwyl beleggers wat ook sport-liefhebbers is na die Twintig20-kriekettoernooi kyk, kan hulle gerus die kisformaat vergelyk met eendagwedstryde van 50 boul-beurte per span.
Nog beter, vergelyk dit met toetskrieket wat vyf dae duur as daar nie onderbrekings is weens reën nie.


Flip Meyer
12/10/2007


Daar is ’n ou gesegde wat verwys na
leuens – en “dan is daar statistiek”.
Statistiek wil dikwels dieselfde
vir almal wees, maar ons is individue,
of ons behoort tot ’n sekere
groep binne ’n groot groep.
Gedurende loononderhandelings
tussen werkgewers en werknemers
se vakbonde, kan daar heelwat met
statistiek gespeel word. Uiteraard
gaan elke party in die onderhandelings
sy eie syfers gebruik.


Flip Meyer
25/07/2007


“Dit moet eers slegter gaan voordat dit beter gaan,” het wyle dr. Gerhard de Kock, president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank in die 1980’s, gesę.

Die reaksie op De Kock se stelling is deur sommige met sarkasme begroet, want vir hulle het dit nie sin gemaak nie.

De Kock het uiteraard verwys na die groei in die geldvoorraad wat eers getem moes word met hoër rentekoerse en, eers as daar stabiliteit intree, kon hy toelaat dat rentekoerse verlaag word.

Nou wonder ’n mens wat De Kock oor die huidige situasie in die ekonomie sou gesę het.


Flip Meyer
25/07/2007


Investec Batebestuur het Woensdagaand in die Johannesburgse middestad die viering van sy vyftiende verjaardag luisterryk gevier.

Dit was simbolies om nie die banket in Sandton te hou nie, en het weer gewys dat die groep altyd anders dink.


Flip Meyer
25/07/2007


Wanneer ’n mens ná begrotingsdag opskrifte sien soos: “Manuel gee R8,5 miljard aan belastingbetalers,” kan jy nie help om sinies te wees nie.

Dit word nie bedoel as kritiek op koerante nie, want in ’n opskrif is daar nie juis plek vir ’n “maar” nie.

Manuel het in sy laaste begrotingsrede glo R8,5 miljard gegee, wat terloops 40% minder is as wat hy glo die vorige jaar gegee het.

Die “ja, maar” hou verband met die ou vyand wat as blokkruiping bekend staan.


Flip Meyer, Geldfokus
25/07/2007


Baie dinge het die afgelope jaar gebeur wat ’n jaar gelede as onmoontlik beskou was.

Vars in die geheue is die Super-14-rugbytoernooi. Wie sou ooit voorspel het dat dit die Bulls teen die Sharks in Durban in die eindstryd sou wees?

Selfs ’n paar weke gelede sou so iets as ’n droom beskou word. Die Sharks is net ’n taamlike kans gegee dat hulle ’n eindstryd sou haal, maar dan miskien in Nieu-Seeland. Die Bulls was so te sę uit die prentjie en ten beste net in die halfeindstryd.

In dieselfde trant kan ’n vergelyking getref word met die vertoning van genoteerde eiendomsaandele.


Flip Meyer

 

[Flip Meyer Media]

 

 

[About Flip Meyer] [Articles] [Artikels] [About South Africa] [Contact]

 

 

© 2007, Flip Meyer Media. All rights reserved.

Site designed by SuproNet

 

Flip Meyer Media - 81

Flip Meyer Media - 82

Flip Meyer Media - 83